NewsSchools

Rierand akademiese boffins bekend gemaak

'Dit is vir Rierand belangrik om aan akademiese presteerders erkenning vir hul harde werk te gee'

Hoërskool Riebeeckrand se Top 10 akademiese leerlinge van elke graad is onlangs tydens ‘n spesiale saalopening aangekondig.

Die Top 10-leerlinge se ouers is genooi om die oggend se saalopening by te woon waartydens die akademiese presteerders aangekondig sou word. Die leerlinge en hul ouers het daarna ‘n gesellige ete in die hotelskool geniet om hul prestasie te vier.

“Dit is vir Rierand belangrik om aan akademiese presteerders erkenning vir hul harde werk te gee,” het Elzerie Botha, skoolwoordvoerder gesê.

Riebeeckrand spog graag met die grade se top 10-leerlinge:

Graad 8: Zané Dreyer (1), is ‘n lid van Rierand se interne redenaarspan

Simoné van den Berg (2), Zandrie Deysel (3), Danel du Preez (4), Sunica van Wyk (5), Dante Havenga (6), Paul Kotzé (7), Nadine Greeff (8), Feodoir van Staden (9) en Tiaan van Tonder (10)

Graad 9: Minette Biggs (1) is vir die tweede keer in ‘n ry as Top 10-leerling van haar graad aangewys. Sy was verlede jaar eerste in die Top 10 in Graad 8

Keanjé van Zyl (2), Reyner la Grange (3), Franco Venter (4), Maryke Biggs (5), Christi Joubert (6) en Shamonay Clarke (7)

Graad 10: Ju-hanie Wilken (1) het dié jaar aan die Suid-Afrikaanse Jukskeikampioenskappe deelgeneem waar haar span ‘n algehele derde plek behaal het

Larisha van Wyk (2), Martin Schutte (3), Stefan Schutte (4), Cara la Grange (4), Melindi Jacobs (6), Bianca Piek (7), Simone Pelser (8), Jeannine Biermann (9) en Liezel Grobbelaar (10).

Graad 11: Dewald Naudé (1) was verlede jaar tweede op die Top 10 akademiese rol vir Graad 10. Hy het dus een plek opgeskuif en beklee vanjaar die eerste plek op die rol

Angelique Welman (2), Alicia Jacobs (3), Angelique Groenewald (4), Jeanelle Snyman (5), Beloved Sechele (6), Nicole Wood (7), Joleen Fowler (8), Lizka-Mari Nell (9) en Cherise Nieuwoudt (10)

Graad 12: Vicky du Buisson (1) is nie net ‘n akademiese boffin nie, sy is ook die skool se hoofdogter. Sy het in Februarie vanjaar die senior raad verteenwoordig toe die skool hondekos aan die Randfontein en Westonaria Dierebeskermingsvereniging (DBV) geskenk het

Sasha-Lee Roestorff (2), Marna Bronkhorst (3), Istvan Nieuwoudt (4), Larisca Stoltz (5), Vian Laas (6), Chené Münz (7), Jonathan Rabe (8), Tiffany Dreyer (9) en Shane Pollock (10)

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button