Local newsNews

Ruimhartiges ruil skoene vir pantoffels

Run Walk for Life ondersteun Reach for a Dream-stigting se pantoffeldagprojek om fondse vir kinders met terminale siektes in te samel.

Run Walk for Life het vanjaar besluit om die Reach for a Dream-stigting (RFAD) se pantoffeldag-fondsinsamelingsprojek te ondersteun.

Lede van reg oor die land het plakkers by RFAD gekoop en op Vrydag, 5 Augustus hul tekkies en werkskoene vir pantoffels verruil.

Dertien van die dorp se Run Walk for Life-taklede het die strate van Randfontein in hul pantoffels aangedurf om te help met die organisasie se insameling. Hulle het salig by Wimpy op die hoek van 7de Straat en die R28 in Homelake ‘n gratis koppie koffie geniet.

Die fondse wat met die plakkerverkope ingesamel is, is ten bate van kinders tussen die ouderdom van drie en 18 wat met lewensbedreigende en terminale siektes gediagnoseer is.

Vicky van Zyl, bestuurder van die Randfontein-tak het ook dié dag in haar pantoffels werk toe gegaan. Volgens haar het haar kollegas nie ‘n woord oor haar pantoffels gerep nie.

“Miskien het hulle net aanvaar dat as ek die hele winter al met ‘n kombers om my bene sit, kan ek netsowel ‘n stappie verder gaan en sommer met pantoffels werk toe kom,” het Vicky gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button