Rappies deel 700 sjokoladestafies aan vroue uit

'Rapportryer het groot waardering vir die vroue van Randfontein wat met soveel toewyding en positiwiteit ’n bydrae lewer tot ons gemeenskap'

Verskeie vrouewerknemers in Randfontein is Vrydag, 5 Augustus vir Vrouedag deur leerlinge van Laerskool Rapportryer met sjokolade bederf.

Besighede en instansies wat deur die leerlinge besoek is, was onder andere Lenmed Hospitaal, die Herald, Connie Mulder Sentrum, besighede in Homesteadlaan, Biltong Den, NG Welsyn, Life Robinson Hospitaal en Randgate Apteek. Hulle het altesaam 700 sjokoladestafies uitgedeel.

Rappies se Graad 1-leerlinge het verlede week besluit leerlinge moet eerder sjokoladestafies skool toe bring as om die tradisionele R5 te betaal om gewone klere skool toe aan te trek. Leerlinge sou dan die sjokolades by verskeie besighede in die dorp uitdeel. Graad 1-onderwyser Sandra Hibbert die organiseerwerk gedoen.

Elke vrou in die Herald-kantoor het nie net een nie, maar sommer drie sjokoladestafies ontvang.

Zurica van Heerden en Ashley Stewart, twee Graad 7-leerlinge het vertel dat hulle sakevroue wat dwarsdeur die jaar so hard werk, ‘n bietjie wou bederf.

“Ons dink elke vrou verdien om een keer ‘n jaar, buiten hul verjaarsdae, bederf word,” het Zurica gesê.

“Rapportryer het groot waardering vir die vroue van Randfontein wat met soveel toewyding en positiwiteit ’n bydrae lewer tot ons gemeenskap,” het Roleen Olivier, nog ‘n onderwyser by Rappies gesê.

“Rappies raak graag betrokke en reik uit na dié vroue. Daarom wou ons dankie sê deur by die hospitale, mediese sentrums en sakesentrums ’n sjokolade aan die vroue te oorhandig as blyk van ons waardering.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

Rappies vat raak in die natuur

Rappies se top atlete tydens interhuis aangekondig

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version