Local newsNews

Troeteldier-samaritaan reël kompetisie

Die fotokompetisie vereis 'n sakkie of blikkie kos as 'inskrywingsgeld' wat later aan Friends of Rescued Animals geskenk gaan word.

Wendy Labuschagné, ‘n goedhartige inwoner van Randfontein het onlangs ‘n liefdadigheidsprojek spesifiek vir die diere van Friends of Rescued Animals (Fora) bekendgestel.

Die projek behels ‘n kompetisie waarvoor deelnemers ‘n foto van hulself saam met ‘n troeteldier kan inskryf om groot pryse te wen.

Die inskrywingsgeld vir die kompetisie is ’n blikkie of sakkie troeteldierkos wat later aan Fora geskenk sal word. Kinders van twee tot 14 jaar oud kan ‘n foto inskryf. Skryf die naam van die kind en die troeteldier asook ‘n kontaknommer op die agterkant van die gedrukte foto. Neem die gedrukte foto en die ‘inskrywingsgeld’ dan na Randgate Apteek. Die kos sal in ‘n insamelingswaentjie geplaas word en jou foto sal op die collage-muur geplak word.

Werknemers van Fora sal as beoordelaars vir die kompetisie optree. ‘n Sluitingsdatum vir die kompetisie sal later bekendgemaak word. Die pryse is deur verskeie plaaslike besighede geborg.

Dit is die pryse:

Ouderdomme twee tot ses jaar

• 1ste prys: Cat’s Venue-partytjie vir 20 kinders

• 2de prys: Spur-koopbewys ter waarde van R500

• 3de prys: Randgate Apteek-geskenkpak

Ouderdomme sewe tot 14 jaar

• 1ste prys: Cartridge Cave-kleurdrukker

• 2de prys: Yankees-koopbewys en Boerie World-geskenkpak

• 3de prys: Randgate Apteek-geskenkpak

Die troeteldiere op die wenfoto’s kry ook ‘n geskenkpak vol dierelekkernye.

Vir meer inligting oor die kompetisie skakel Wendy op 076 946 4586.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

Help support an animal shelter

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button