Renoster besoek kleuterskool

‘Die kleuters se opgewondenheid oor die renoster het byna geen perke geken nie.’

Rosemarie Kahn-kleuterskool het Dinsdag, 26 Julie ‘n opvoedkundige besoek van Ronnie die Renoster by Hamilton Gastehuis ontvang.

Ronnie is ‘n welbekende gelukbringer wat Sondae-oggende sy verskyning tydens kinderkyktyd op kykNET maak. Die renoster het die kleuters op ‘n prettige en kreatiewe wyse van bewaring geleer.

Hy het op die maat van musiek gerap terwyl die kleuters gelag en saam gedans het. Die kort toneelstuk het ook ‘n Christelike boodskap gehad wat kleuters motiveer om hulself en ander lief te hê.

Ilsa Otto, eienaar van die kleuterskool, het gesê die toneelstuk is gereël om kleuters weg van die klaskamer en die sillabus te kry.

Ons probeer ‘n punt daarvan maak om kleuters ander stimulasie as net akademie te gee.

“Die kleuters se opgewondenheid oor die renoster het byna geen perke geken nie.

“Ronnie en sy assistent het geweet hoe om met die kinders te werk; elke keer as hulle woelig raak, kul Ronnie hulle deur met ‘n nuwe liedjie te begin of om Simon Says te speel,” het Ilsa vertel.

Die kleuterskool beoog om minstens een keer ‘n maand so ‘n uitstappie vir die kleuters te reël.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

MUST WATCH: Toddlers wow parents on stage

Eerste kleuterskool in Randfontein vier sy 70’ste

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version