Local newsNews

Skeppings van hoë gehalte by blommeskou

Beoordelaar: Nie net was die standaard van die rangskikkings bitter hoog nie, maar die gees tussen die deelnemers goed.

Wisteria-blommeklub het die afgelope Saterdag (30 Julie) hul gewilde jaarlikse blommeskou by die NG Kerk Randfontein-Noord aangebied.

Volgens die drie beoordelaars het die uitstallers omtrént hoë gehalte rangskikkings gelewer.

Elize Badenhorst, ‘n beoordelaar het gesê dit was baie bemoedigend om die kameraadskap tussen die deelnemers te sien.

“Nie net was die standaard van die rangskikkings bitter hoog nie, maar die gees tussen die deelnemers was goed. Die blommeskou het sowaar uitgestaan,” het Elize gesê.

Nog ‘n beoordelaar, Hannie Strydom, het gesê dit het haar verbaas dat deelnemers sommer twee of drie rangskikkings ingeskryf het. “Dit was lekker om te sien hoe trots die deelnemers op hul skeppings was.”

Linda Killian, 2016 Eurovision-wenner het die gaste met sang bedien.

Rina Stander, wenner van die titel as die beste op die skou en vir die beste kleurgebruik op die skou het gesê sy was verras dat sy beide titels verower het. Volgens die beoordelaars gebeur dit nie dikwels nie.

“Ek is nie juis ‘n beplanner nie, maar ek pak take met groot ywer aan,” het Rina gesê.

Sy sê haar tema, Bas en vlas het vir haar mooi geklink en sy het rondom dié idee begin werk om haar rangskikkings te maak.

Die res van die uitslae lyk so:

• Beginners:

3. Cecilia Hubner – 76 persent

2. Magda van Zyl – 80 persent

1. Cecilia Hubner – 82 persent

• Middelbaar:

1. Ronel Lotriet – 82 persent

• Gevorderd:

3. Leon Hefer, Working with wire – 80 persent

2. Louise Blaauw, Anthuriums – 83 persent

1. Rina Stander, Bas en vlas – 84 persent

AFRIKAANS:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

Plaaslike blommeklub gereed vir groot blommeskou

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

 
Back to top button