Woord en Lig-gemeente het verhuis

Die nuwe perseel het ‘n aparte kompleks vir die Sondagskool en gee so vir die Sondagskoolleerlinge die geleentheid om in klassies onderrig te kry.

Woord en Lig-gemeente het verlede jaar in Oktober hul gemeente na ‘n meer doelmatige gebou verskuif weens ‘n gebrek aan spasie in die vorige gebou.

Die gemeente het van Rubinastraat 16 na Godfreystraat 21 in Homelake getrek.

Die gemeente was te groot vir die klein gebou en moes meeste fasiliteite met die Sondagskool en ander gedeeltes van die kerk deel. Die nuwe perseel het ‘n aparte kompleks vir die Sondagskool en gee so vir die Sondagskoolleerlinge die geleentheid om in klassies onderrig te kry.

Die nuwe gebou is ook meer sentraal geleë. Die vorige gebou was te vêr uit die dorp. Abri Erasmus, presiderende pastoor het vertel dat daar baie werk op die perseel gedoen is.

“Ons het ‘n muur uitgebreek en nuwe mure gebou om die perseel meer toeganklik te maak,” het Albi gesê. “Ons beoog om in die toekoms die nuwe gebou nog groter te maak, want as almal gelyk kerk toe kom gaan daar beslis nie genoeg plek wees nie.”

Woord en Lig-gemeente se oggenddiens is Sondae om 9vm. Die aanddiens begin om 6nm.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version