VLU hou opvoedkundige handwerkoggend

'Niemand is ooit te oud om ‘n vaardigheid aan te leer nie.'

Die Vroue-Landbou-Unie (VLU) se Middelvlei-tak het onlangs hul maandelikse handwerk-werkswinkel aangebied waartydens 14 lede skryfbehoeftekardoese gemaak het.

Lede wat die werkswinkel bygewoon het, het gesê dit is altyd pret om saam as vroue te kuier en om nuwe vaardighede te leer.

Frances van de Merwe, voorsitter van die Middelvlei-tak het gesê die VLU se hoofdoel is opvoeding vir die vroue van vandag.

“Niemand is ooit te oud om ‘n vaardigheid aan te leer nie. Die VLU het geen ouderdomsbeperking op lidmaatskap nie. Ons het lede van 21 tot 90 jaar oud,” het sy vertel.

Die VLU bied nie net een maal ‘n maand werkswinkels aan nie, maar het ook ander opvoedingskursusse wat vroue kan voltooi. “Dit is die VLU se missie om kwaliteitopvoeding vir vandag se vrou aan te bied om sodoende haar posisie in die werksplek en ook in die samelewing te verseker.”

Werkswinkels word op die tweede Donderdag van elke maand gehou. Die volgende byeenkoms is op 11 Augustus in die Jimmy Kitching Saal by Vriendskapstuiste.

Dit sal ‘n vintage en stylvolle sop-en-sjerrie-oggend vir die vroue wees waartydens gasspreker dr Sanet van Rensburg oor die vreugde van vrouwees sal praat. Die VLU nooi elke vrou in die gemeenskap uit om die oggend by te woon.

Frances van de Merwe, VLU-voorsitter van die Middelvlei-tak, nooi vroue in die gemeenskap om hul oggendtee op 11 Augustus by te woon.

• Navrae: Kontak Frances van de Merwe by 083 306 0206.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

Lewenslesse bespreek tydens VLU- konferensie

VLU weer hard aan die werk

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version