Kleuterskool in Elandsvlei opgegradeer

Minderbevoorregte kinders ontvang ook warm sweetpakke.

Daar was baie om oor opgewonde te raak by Thumbelina-kleuterskool op Saterdag, 23 Julie.

Die minderbevoorregte kleuters het nuwe sweetpakke ontvang en die skool is opgegradeer.

Oratile Baatweng en Hope Sibandze, twee van die kleuters van Thumbelina-kleuterskool wat geborgde sweetpakke ontvang het.

‘n Klereverskaffer het die sweetpakke geskenk en wat die opknappingswerk betref het die bestuur, ouers en werknemers saam die kleuterskool se fasiliteite opgegradeer. Die ouers en werkers het die kleuterskool se binnemure geverf.

Chris Ntimbane, Lawrence Maliso en Shorty Vice van Thumbelina-kleuterskool besig om die mure van die kleuterskool te verf.

 

Marene Arthur, eienaar van die kleuterskool het gesê die oogmerk was om die kleuters soveel moontlik te ondersteun en hul gesondheid en welsyn by die kleuterskool te verseker.

“Die winter is nog nie naastenby verby nie en hulle kry bitter koud,” het Marene gesê.

Sy het bygevoeg dat dit ook ‘n geleentheid was vir ouers, kleuters en personeel om op ‘n meer informele vlak sosiaal te verkeer en mekaar te leer ken.

Na al die harde werk het hulle vleis gebraai en saam lekker geëet en gesels.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

Rappies speel golf vir minderbevoorregtes

Rierand veg die koue vir minderbevoorregtes

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version