Kersfees in Julie vir musiekskoolleerlinge

‘Al die leerlinge het in goeie gees deelgeneem.’

Die Musica Musiekskool met Midpark-kerk as gasheer het op Vrydag, 22 Julie ‘n prettige musiekblysel naamlik Winter Wonderland as deel van hul Kersfees in Julie-program aangebied.

Leerlinge het van bekende Engelse Kersliedjies tot die Afrikaanse weergawes in die ware Kersfees in Julie-gees uit volle bors gesing.

“Al die leerlinge het in goeie gees deelgeneem,” het Lynn Bootha, die musiekskooleienaar vertel.

Die doel van die musiekblyspel was om leerlinge van die musiekskool ‘n kans te gee om sonder die druk van groter kompetisies op die verhoog te sing.

“Dit is te lekker op die verhoog,” het Heinrich Obermeyer, ‘n sewejarige musiekskoolleerling gesê.

Die musiekskool is bekend vir sy leerlinge se puik prestasies by groot kompetisies soos die Nasionale Eisteddfod Akademie (NEA). Die skool bied ook klawerbord-, klavier- en sanglesse aan.

Hulle het in 2004 ‘n Pretville Musiekblyspel met groot sukses aangebied.

Die musiekskool beplan om op 2 Desember vanjaar weer so ‘n geleentheid te hou waarvan die tema Dans op die Tafels gaan wees.

• Navrae: Lynn Bootha by 082 869 4166 of 011 412 3422.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Pretville deur plaaslike musiekskool

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version