Local newsNews

Foto’s: Weer maak pret-amok in R’fontein

Haelkorrels van omtrent 2.5cm in deursnee het regoor Randfontein geval.

Hael veroorsaak gewoonlik chaos maar toe korrels groot genoeg om inwoners bloedneus te slaan die dorp op 25 Julie getref het, het dit ook vir groot pret sorg.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens word hael veroorsaak deur sterk wind wat waterdruppels opwaarts druk. Die waterdruppels bereik dan die atmosfeer waar die temperatuur onder vriespunt is. Die koue lug vries die waterdruppels in sferiese vorms (haelkorrels). Die proses kan meer as eenkeer plaasvind. Yskorrels sak terug aarde toe, maar die opwaartse wind druk die yskorrels terug in die atmosfeer in. Die gevolg is groot haelkorrels wat uit ‘n hele aantal kleiner korrels bestaan. In uiterste weersomstandighede kan haelkorrels tot 15cm in deursnee wees en teen tot 140km/h uit die lug val.

‘n Haelstorm het Maandag vir Randfontein getref en die dorp spierwit versier.
‘n Haelstorm het Maandag vir Randfontein getref en die dorp spierwit versier.

Dwarsdeur Maandag het die wind baie sterk in Randfontein gewaai. Na ‘n skielike, kort, doodse stilte het die hael begin val. In gebiede soos Greenhills het 2,5cm-haelkorrels ongeveer 20 minute alles in hul pad gepeper. Dieselfde grootte korrels is in die meeste ander dele van die dorp en omgewing gemeet.

Brandon le Grancie, ‘n inwoner van Greenhills sê al is dit nie sneeu nie, hy wil definitief buite in die ys speel.
Brandon le Grancie, ‘n inwoner van Greenhills sê al is dit nie sneeu nie, hy wil definitief buite in die ys speel.

Gemeenskapslede van regoor die dorp het foto’s van die groot haelkorrels op sosiale media geplaas. Sommige foto’s het ook gewys hoe mense na die storm in die hael baljaar is.

So het dit buite die Herald se kantore gelyk nadat die haelstorm die gebied getref het.
So het dit buite die Herald se kantore gelyk nadat die haelstorm die gebied getref het.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig dat die wind Maandag sterk opwaarts in die dorp gewaai het. Kenners sê dit kon die rede vir die haelstorm gewees het.

Deel jou haelfoto’s met ons op ons Facebook-blad by Randfontein Herald, of epos foto’s na randfonteinherald@caxton.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Tornado blows through Magalies

A round up of extreme weather conditions in SA

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

 
Back to top button