Geliefde Jaap Herbst sterf weens hartversaking

Vrou: Hy was die mooiste man – groot, lank en so sterk soos ‘n bees.

Jaap Herbst, 89, is op Vadersdag aan hartversaking oorlede.

Hy was 65 jaar met sy vrou Annetjie getroud en het haar 75 jaar lank geken.

“Hy was die mooiste man – groot, lank en so sterk soos ‘n bees. Hy het van 15-jarige ouderdom af al by ‘n myn in Randfontein gewerk,” het ‘n hartseer Annetjie vertel.

Hul dogter, Marina Wasserman, het gesê Jaap was altyd vol stories oor hoe Randfontein die afgelope 50 jaar verander het.

“Hy het gereeld vir ons vertel hoe Greenhills net ‘n plaas was waar beeste bedags gewei het. By Randgate was daar ‘n plaashek op die pad tussen Krugersdorp en Potchefstroom. Hulle moes self die hek oop- en toemaak as hulle die pad gebruik het,” het Marina vertel.

Sy het gesê sy was geseën om op 62-jarige ouderdom nog albei haar ouers te kon hê.

“Ek onthou my pa as ‘n streng maar regverdige man. Hy het geleef vir sy kinders en het alles moontlik gedoen om ons soveel as moontlik te bederf.”

Jaap word oorleef deur sy vrou, ses kinders, 17 kleinkinders en 25 agterkleinkinders.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version