Baba Duncan wag steeds vir sy operasie

'Hierdie keer hoop ons daar is fasiliteite, 'n dokter en 'n bed in die intensiewesorg-eenheid want Duncan het die operasie werklik nodig.'

Jong Duncan Baker weet steeds nie wanneer sy lewegewende skedeloperasie uitgevoer gaan word nie.

Hy is op 9 Julie verlede jaar met ‘n gebreekte skedel gebore en sou aanvanklik vanjaar op 12 April ‘n operasie ondergaan.

Dit is uitgestel, glo weens ‘n gebrek aan fasiliteite by die hospitaal.

Volgens Marinda van Coller, Duncan se ouma is sy operasie vir ‘n tweede keer uitgestel nadat daar blykbaar nie ‘n bed in die intensiewesorg-eenheid van die Netcare Hospitaal in Sunninghill beskikbaar was nie.

Duncan het sedertdien brongitis opgedoen, daarom is daar nog nie weer ‘n operasiedatum geskeduleer nie. Volgens Marinda sou hulle ‘n datum ontvang sodra hy gesond is.

“Verlede week het die huisdokter gesê Duncan is gesond, daarom het ons weer ‘n operasie probeer reël, maar dié keer is die spesialis wat die prosedure moet uitvoer, blykbaar met vakansie oorsee,” het Marinda gesê. Hy kom glo eers op 26 Julie terug.

Sodra die spesialis terug is, wil ons hom dadelik sien en ‘n datum bepaal,” het sy gesê.

“Hierdie keer hoop ons daar is fasiliteite, ‘n dokter en ‘n bed in die intensiewesorg-eenheid want Duncan het die operasie werklik nodig.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

Klein Duncan se reuse operasie

Baba se lewegewende operasie weer uitgestel

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version