Luister, luister wie daar fluister

'Ek dink daar is 'n paar wat eintlik nie doof is nie, maar eerder net selektiewe gehoor het.'

Hulle is dalk bejaard maar daar is oor die algemeen min fout met inwoners van Tulbach Huis se gehoor.

Elri van der Merwe, ‘n oudioloog van Life Robinson Hospitaal se gehoorsentrum het dit op Dinsdag 19 Julie vasgestel toe sy ses inwoners van die tehuis se gehoor getoets het. Die hospitaal se gehooreenheid stuur elke maand ‘n dokter na ‘n ouetehuis om gratis gehoortoetse op pasiënte te doen.

Nadat Elri haar apparaat opgestel het, het sy die inwoners een vir een genooi om by haar te sit sodat sy hul gehoor kon toets. Iris Feyt was eerste aan die beurt. Dié inwoner het eers na die apparaat gestaar asof dit iets uit die buitenste ruimte was. Elri het toe die gehoorapparaat se oorfone oor Iris se ore gesit en mooi aan haar verduidelik waarna sy moes oplet. Iris het sonder probleme die knoppie gedruk om te sê wat sy deur die oorfone gehoor het.

Iris Feyt het sonder probleme die knoppie gedruk om te sê wat sy deur die oorfone gehoor het.

So het Elri die inwoners se gehoor om die beurt getoets. Gwen Fourie, eienaar van Tulbach Huis het gesê aangesien haar ouers inwoners van die tehuis is, is haar ma se gehoor ook getoets. Daar is vasgestel dat sy te veel was in haar ore het en Elri het haar na ‘n spesialis verwys.

Gwen het grappenderwys gesê daar is ander inwoners wie se ore definitief ook getoets moet word. “Ek dink daar is ‘n paar wat nie regtig doof is nie, maar eerder net selektiewe gehoor het,” het Gwen laggend gesê. “Bygesê, dit is ongelooflik om te sien daar is nog mense wat hulself oor die bejaardes ontferm.”

Elri het gesê sy hou bitter baie van haar werk aangesien dit so sielsbelonend is. “Dit gee my die grootste bevrediging om mense te help en daarna die dankbaarheid in hul oë te sien,” het sy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version