Jannas-leerling presteer by ATKV

'Lees Afrikaans, praat Afrikaans, sing Afrikaans, en bid Afrikaans'

Diaandri Schoonraad, ‘n leerling van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs aan die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se jaarkongres deelgeneem.

Die kongres is in Mei by die ATKV Goudini Spa-vakansieoord in Rawsonville in die Wes-Kaap gehou.

Volgens Diaandri verskil jeugdiges en volwassenes se persepsie van erfenis drasties, en sy glo sy kan ‘n waardevolle bydrae tot Suid-Afrika se erfenis lewer.

Die Jannas-jeugtak beplan daarom ‘n nuwe ‘jeugdige erfenis’ wat erfenis herontwerp tot ‘n nuwe, jonk-van-gees onderwerp. “Dié inisiatief gaan die volwassenes van die land se asem wegslaan,” het Diaandri gesê.

Jannas het die afgelope twee jaar aan die kongres deelgeneem en het weereens ‘n toekenning vir hul kunsindaba ontvang.

“Lees Afrikaans, praat Afrikaans, sing Afrikaans, en bid Afrikaans,” het Diaandri trots aan haar skoolmaats gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version