Local newsNews

Van bobbejane in die straat tot honde op die dak

'Net sodra jy dink jy het alles gesien, dan gebeur daar nog iets'

Die Herald het die afgelope twee weke vreemde oproepe van giggelende inwoners oor die dorp se diere ontvang.

Eers het iemand gebel om die Herald te laat weet van ‘n bobbejaan wat in die dorp rondhardloop. Die bobbejaan is op 7 Julie in Helikonpark en Culemborgpark onderskeidelik gesien.

Stephan du Toit, koördineerder van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het gesĂȘ hy vermoed die bobbejaan is ‘n slagoffer van onwettige aanhouding. “Ons wil vasstel waarvandaan die bobbejaan kom en die nodige regstappe teen wetsoortreders doen,” het Du Toit gesĂȘ.

Later het iemand die Herald geskakel oor nog ‘n vreemde verskynsel in Helikonpark. Nico Smit, lid van die Sektor 4 GPF was besig om in die straat na die bobbejaan te soek toe hy twee honde op ‘n huis se dak gewaar.

“Ek dog eers ek is besig om mal te word,” het Smit vertel. “Maar waaragtig, daar sit twee Jack Russels op die huis se dak.”

Volgens Rudi van den Berg, eienaar van diĂ© huis en die Jack Russels, klim die honde al van kleins af op die dak. “Buster, die reuntjie is mal oor balspeel. Hy het eendag ‘n tennisbal gejaag tot op die huis se dak.”

Van den Berg het gesĂȘ die honde gebruik ‘n waterfokuspunt in hul agtererf om op die dak te klim. “Ons was aan die begin nogal bekommerd want die buurman het groot honde, maar nie een van ons honde het al van die dak afgeval nie.”

Twee dae later was daar nog ‘n vreemde verskynsel. Op Sondag, 9 Julie het motoriste ‘n volgroeide pienk vark op ‘n eiland voor Yellowstone Auto aan die R28 se kant gewaar. Die vark het klaarblyklik vir ‘n rukkie op die eiland gewei en toe aanbeweeg na die groener grasperk aan die oorkant van die straat.

“Net sodra jy dink jy het alles gesien, dan gebeur daar nog iets,” het Smit gesĂȘ.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

Also read: 

BREAKING: Baboon spotted in Randfontein

BREAKING: Footage of baboon emerges

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button