NewsSchools

Kleuters leer van diere

Die kleuterskoolkinders kon so op ‘n interaktiewe en prettige manier van diere leer.

Melktandjies Kleuterskool het besoek ontvang van Mobile Zoo waartydens die kleintjies op ‘n interaktiewe en prettige manier van diere geleer het.

Melktantjies se peuters, kleuters, naskoolkinders en vakansiemaats het hulle verstom aan die fassinerende diere wat die dieretuin vir hulle kom wys het.

Mobile Zoo het diere saamgebring wat sommige kleuters nog nooit gesien het nie. Van hulle was bang om aan die diere te raak maar ander was voor in die ry om ‘n beurt te kry.

Die les het afgeskop met die moets en moenies wanneer jy ‘n troeteldier kies. Eksotiese en interessante diersoorte is daarna bespreek. Die spesialiste het die kinders van die diere se habitat, sorg, gedrag, interessante feite en mites vertel terwyl die kleintjies die onderskeie soogdiersoorte soos hamsters, dwerghasies, marmosetape en krimpvarkies onder die valkoogtoesig van die Mobile Zoo-spesialiste kon streel.

Die demonstrasie het ook ander dierspesies soos spinnekoppe en reptiele ingesluit. ‘n Harige bobbejaanspinnekop het die kinders se aandag getrek terwyl ander gefassineerd na die baardakkedis se skubberige lyf gestaar het.

Uit die kinders se reaksie was dit duidelik dat dit vir hulle ‘n onvergeetlike dag was.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button