Rammies maak ‘n sukses van fondinsameling

Topgehalte produkte is verkoop om skoolterrein verder te verbeter.

Die geur van speserye en ander lekkernye het Rammies se gange gevul toe hulle in Mei en Junie ‘n fondsinsamelingsprojek aangepak het.

Die doel van die projek was om fondse in te samel om Laerskool Randfontein (Ram) se terrein nog verder te verbeter en te beveilig. Die Ram-leerlinge het hul verkoperskoene aangetrek en Senõr Chef-produkte verkoop.

Dié topgehalte produkte sluit handelsname soos Ina Paarman, Walker Bay en Montagu in. Ram het 25 persent van die omset ontvang.

Leerlinge het brosjures van die produkte gekry om huis toe te neem en het vir ‘n maand hard gewerk om dié produkte te verkoop. Die kompetisie onder die klasse was weereens baie sterk. Die onderskeie klasse het om die beurt met hul verkope voorgeloop en niemand het dit gewaag om te voorspel wie sou wen nie.

Klaspryse:

• 1ste: Graad 3 (47) – Leandri Barnard

• 2de: Graad 6 (17) – Hansen Pretorius

• 3de: Graad 6 (5) – Melinda van Heerden

Individuele pryse:

• 1ste: Christiaan Nolan – Graad 1 (37)

• 2de: Arno Lubbe – Graad 6 (8)

• 3de: Meané du Plessis – Graad 6 (5)

Christaan is met ‘n tablet en ‘n luidspreker beloon. Die wenklas asook al die leerlinge wat meer as R2 000 se produkte verkoop het, is beloon met ‘n uitstappie Maropeng toe.

Diané Matthews, onderhoof en organiseerder van die projek bedank almal wat dit ondersteun het.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version