NewsSchools

Ram is trots Afrikaans

Leerlinge is uitgedaag om hul eie T-hemde te ontwerp met ‘n Afrikaanse uitdrukking of idioom daarop.

Laerskool Randfontein (Ram) is Afrikaans deur en deur – en hulle is trots daarop.

Annie Nolan, skoolwoordvoerder het gesê die skool moedig hul leerlinge aan om ‘n liefde vir hul moedertaal te ontwikkel en om die taal te bevorder.

“Die leiers van Laerskool Randfontein het besluit om ‘n gemeenskapsprojek in samewerking met die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) vir die bevordering van Afrikaans te loods. Leerlinge is uitgedaag om hul eie T-hemde te ontwerp met ‘n Afrikaanse uitdrukking of idioom daarop,” sê Nolan.

Leerlinge moes teken, verf en naaldwerk doen om die T-hemde te versier. Die ontwerpe moes oorspronklik, kreatief en in Afrikaans wees. Ram se leerlinge het plakkers teen R10 gekoop en kon gewone klere saam met hul T-hemde aantrek.

“Idiome soos ‘elke donker wolk het ‘n silwer randjie’ en uitdrukkings soos ‘my skoene se hakke is hoër as jou standaarde’ was van die oulikste T-hemde,” het Annie gesê.

Die leerlinge het in elke klas ‘n wenner gekies. Daarna is graaduitdunne gehou waar twee wenners in elke graad aangewys is. Veertien leerlinge het aan die finaal deelgeneem.

Linda Barnardt van die ATKV Randfontein-tak het die beoordeling waargeneem, waarna die hoofleiers van Ram ‘n tjek van R5 000 aan die ATKV oorhandig het.

Graadwenners:

• Graad 1: Heinrich Obermeyer

• Graad 2: De Wet Kriel

• Graad 3: Franco Oberholzer (algehele wenner)

• Graad 4: Bianca Redelinghuis

• Graad 5: Kieren Rautenbach

• Graad 6: Ané le Roux

• Graad 7: Keegan Coetzee

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 413 8726.

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

 
Back to top button