Tenacres moord opvolg

Familie ken die man wat hom vermoor het

“Ons ken die man wat my broer doodgesteek het, maar ons het nie genoeg hulpbronne om hom self te vervolg nie,” het Sussie Fourie vanoggend (29 Junie) aan die Herald gesê.

“Ons het hom ook nog nie weer gesien nie.”

Seun van Wyk is die afgelope Saterdag, 25 Junie in Tenacres glo met ‘n skerp voorwerp doodgesteek. Die voorval het boonop op die slagoffer se verjaarsdag plaasgevind.

“Ons is bereid om met die polisie saam te werk om die verdagte op te spoor,” het Fourie gesê.

Volgens Fourie het ‘n man net ‘n maand of twee gelede op die plot ingetrek waar die moord plaasgevind het. Hy hou glo nog elke naweek groot partytjies. Sy het vertel dat daar ‘n bees geslag word en al die plaaswerkers word dan vir gratis spys en drank genooi.

Fourie het aan Herald gesê dit was nog nooit gevaarlik om op die plotte te bly nie, maar die afgelope paar naweke was daar glo chaos in die area. “Vandat daardie mense by die plot ingetrek het, hoor ons elke week dat daar moeilikheid was,” het Fourie gesê.

Donavan Haynes, wat naby die plot woon waar Van Wyk vermoor is, het aan die Herald gesê dat hy al jare op die plotte bly en saam met Van Wyk grootgeword het. “Ek het nie broers of susters nie, daarom is dit nie net ‘n man wat doodgesteek is nie, dit was my broer,” het Haynes gesê.

Volgens Haynes het Van Wyk se gesin ‘n bak water by hulle kom haal om sy lyk te was.

Die roudiens word komende Vrydag op plot 10 Tenacres gehou en Van Wyk word Saterdag in Westonaria begrawe.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version