Jong man op sy verjaarsdag doodgesteek

Ons het net ‘n groot geraas gehoor, toe skreeu die mense ‘stop hom, hy het ‘n man doodgesteek’.

‘n 26-jarige man is die afgelope Saterdag (25 Junie) in Tenacres glo met ‘n skerp voorwerp doodgesteek. Die voorval het boonop op die slagoffer se verjaarsdag plaasgevind.

Volgens kaptein Appel Ernst, Randfontein Polisie-woordvoerder is die man in die bolyf gesteek en het aan sy steekwond beswyk.

Daar is gesê die man het tussenbeide getree toe twee mans in ‘n onderonsie betrokke geraak het. Toe hy die perseel wou verlaat nadat hy die geveg beëindig het, het een van hulle hom glo ‘n steekwond toegedien, het Sussie Fourie, ‘n vriendin van die slagoffer en ooggetuie gesê.

“Hy het inmekaar gesak en het op die perseel van ‘n aangrensende plot gesterf. Die moordwapen is ook op die toneel gevind,” het Ernst gesê.

Volgens ‘n ander omstander het die verdagte van die toneel gevlug en oor die plot se heining gespring. Die verdagte is steeds op vrye voet.

“Ons het net ‘n groot geraas gehoor, toe skreeu die mense ‘stop hom, hy het ‘n man doodgesteek’,” het Carla Coetzee vertel.

Die polisie vra dat enigiemand met inligting hulle by 011 278 8100 of 08600 10111 skakel.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Man killed in fight at dumping site

Man killed over loaf of bread

Young man killed in alleged street fight

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version