CrimeNews

Rower vinnig vasgetrek ná roof

'Vrou van R3 000 beroof.'

‘n Man is na ‘n hoë-spoed jaagtog met EPR gearresteer kort nadat hy glo ‘n vrou by ‘n OTM in McGregorstraat naby ‘n Westonaria-inkopiesentrum van R3 000 beroof het.

Volgens Johan Krogh, Besturende Direkteur van EPR het die voorval teen ongeveer 6.26nm verlede Saterdag plaasgevind.

Krogh sê hulle het ‘n panieksein ontvang van die wagte op diens by die inkopiesentrum. Johan Steyn, ‘n EPR-reaksieoffisier is soontoe uitgestuur. Met sy aankoms is hy in kennis gestel dat ‘n vrou beroof is kort nadat sy geld by die OTM onttrek het.

Steyn het die beskrywing van die voertuig en die rigting waarin dit weggejaag het van die wagte verkry. Hy het hierdie inligting aan sy kollega, Joe Pretorius oorgedra. Pretorius was toe reeds op pad om die verdagte te agtervolg, en Steyn het elke oomblik van die jaagtog op sy tweerigtingradio gevolg.

Steyn het vinning sy voertuig dwars oor die pad in Briggstraat getrek, in ‘n poging om die rower voor te keer. Die verdagte se kar het tot stilstand gekom voor Steyn se voertuig, met Pretorius kort op die verdagte se hakke.

Die verdagte is gearresteer en is later aan die Westonaria Polisie oorhandig, nadat die geroofde geld in sy kar gekry is.

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 413 8726.

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us atrandfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

Also Read:

ATM bombing: EPR’s brush with robbers

EPR responds to incident

EPR officer denies being in the wrong

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websitesRoodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

 

Related Articles

Back to top button