MunicipalNewsUpdate

Wie is die slootmonster se volgende prooi?

Munisipaliteit: Die kontrakteurs moet die area weer laat soos hulle dit gekry het, of beter.

Wie se motor gaan volgende deur die slootmonster ingesluk of beskadig word?

Dit is waaroor padgebruikers wonder.

Verskeie motors het Maandagoggend, 13 Junie op die Ventersdorp-pad Brandvlei toe vasgeval en skade gely toe ‘n swak gevulde sloot oopgespoel het.

Jolene Viljoen, ‘n woedende inwoner wie se motor skade opgedoen het, het vertel dat ‘n man met sy Fortuner tot haar redding moes kom.

“Hoe nader ek aan die sloot gekom het, hoe stadiger het ek gery. Ek het gesien hoe mense probeer om om die sloot te ry, maar dit was te laat.

Dit was chaos om die verkeer te reguleer.”

Viljoen het gesê sy het nie versekering teen skade nie. Haar man is besig met ‘n eis teen die munisipaliteit.

Mense het hul sê ook op sosiale media gesê.

“Ek ry elke oggend daai pad en het al daardie oggend 6.50vm in die koue, reën en mistigheid in die einste sloot vasgesit. Met die gevolg dat in die proses van rem trap het my kar gegly en in die sloot ingeslaan. My agterste wiel het gebars. Dis belaglik, die sloot is al vir hoe lank oop. Hoeveel mense moet nog seer kry voor iets gedoen gaan word?” het Clarisse Venter op die Herald se Facebook-blad gesê.

Henry Boyce, voorsitter van die Sektor 5.6-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het gesê dit was chaos. Volgens hom is daar vroeër ‘n sloot gegrawe waarin ‘n nuwe waterpyp gelê is. Die sloot is egter as ‘n tydelike oplossing net met sand gevul.

“As gevolg van die swak herstelwerk het die sand weggespoel. Ons het hoeveel keer gevra dat die sloot ordentlik gevul moet word. Wie gaan nou vir die skade aan die motors betaal, en sê nou maar iemand het verongeluk? Daar is ook nie eers padtekens om motoriste te waarsku nie,” het Boyce gesê.

Alhoewel swaar reën die situasie vererger het, is die publiek briesend vir die munisipaliteit. Boyce het die werk om die sloot op te vul as vrot en patetiese dienslewering beskryf.

Die sloot is intussen weer gevul.

Volgens Tshidiso Tlharipe, Munisipaliteit-woordvoerder is hy bewus van wat gebeur het en hy het bevestig dat kontrakteurs aangestel is om aan ‘n waterprobleem aandag te gee.

Tlharipe het dit egter duidelik gemaak dat dit dan die kontrakteurs se verantwoordelikheid is om seker te maak die area lyk soos dit gelyk het, of beter.

If it was tarred before they worked there, it must be tarred when they leave.”

Hy het bygevoeg dat indien iemand se motor weens die swak gevulde sloot beskadig is, kan hulle vir Jan van Zyl by 083 376 0619 skakel.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vroeg-oggend chaos toe sloot motors sluk

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button