Local newsNews

‘Sy was my alles’

Wewenaar treur oor sy vrou.

“Sy was my alles,” het ‘n bedroefde Bokkie Kruger na die afsterwe van sy vrou Nettie gesê.

Nettie wat op 1 Oktober 1955 gebore is, het op 11 April gesterf. Volgens Bokkie het sy vrou ‘n hart van goud gehad en graag mense gehelp wat in nood was.

“Ek het haar altyd Spokie genoem. Sy was ‘n goeie vrou,” het Bokkie vertel.

“Sy was nie siek nie maar sy het onverwags ‘n beroerte by die huis gehad en weer een in die hospital. Daar is ‘n bloedklont in haar brein gevind en daar is sy weg,” het Bokkie gesê.

Bokkie het verduidelik dat verlede maand vir hom besonder moeilik was. Dit was Moedersdag, hul 44e huweliksherdenking en sy verjaarsdag.

“Ek en my vrou het ‘n baie goeie verhouding gehad. Ons het nooit kwaad vir mekaar gaan slaap nie. Mense wat kwaad vir mekaar gaan slaap, moet weet die lewe is kort. Eendag word jy wakker en jou man of vrou is weg.”

Hy sê graag dankie vir almal wat met die begrafnisreëlings gehelp het, veral Martins Funerals, Nettie se verpleegster en dokter by Lenmed Private Hospitaal en al hul familie en vriende.

“Baie dankie aan almal vir jul ondersteuning tydens die afsterwe van my geliefde Nettie. Dankie vir alles,” het Bokkie gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

UPDATE: A prayer for R41 horror-crash victims

The Tiger’s memorial service confirmed

Late officers with HIV/AIDS remembered

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button