Vroeg oggend-chaos toe sloot motors sluk

'Wie gaan nou vir die skade betaal?'

Verskeie motors het Maandag-oggend op die Ventersdorp-pad Brandvlei toe vasgesit en glo skade gelei toe ‘n swak herstelde sloot weggespoel het.

Henry Boyce, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sektor 5.6 sê dit was chaos.

Volgens hom was daar ‘n gat gegrou, ‘n nuwe waterpyp gelê en die gat met slegs sand gevul as ‘n tydelike oplossing.

“As gevolg van die swak herstelwerk het die sand weggespoel. Ons het hoeveel keer gevra dat die gat ordentlik gevul moet word. Wie gaan nou vir die skade op die motors betaal en wat as ‘n lewe geneem is? Daar is ook nie eers padtekens om motoriste te waarsku nie,” sê Boyce.

Alhoewel swaar reën die situasie vererger het is lede van die publiek woedend vir die munisipaliteit.

Boyce het die herstel van die sloot as vrot en patetiese dienslewering beskryf.

Jolene Viljoen, ‘n woedende inwoner wie se motor skade opgedoen het sê ‘n man met sy Fortuner moes tot haar redding kom.

“Toe ek by die sloot aankom het ek stadiger begin ry. Ek het gesien mense wou probeer die sloot vermy maar dit was te laat. Dit was chaos om die verkeer te reguleer.”

Viljoen sê sy het geen persoonlike versekering nie. Haar man is tans in die proses om ‘n eis teen die munisipaliteit in te stel.

 

Die chaos op die Ventersdorp-pad Brandvlei toe. Foto ingestuur.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version