KFC-grootpryswenner sê sy wen nooit nie

"Is julle seker," vra sy toe die Herald haar skakel.

“Ek wen nooit iets nie maar vandag het ek,” was die woorde van Melissa Hugo, 26, van Helikon Park wat die eerste prys losgeslaan het in die KFC en Caxton Joburg West-kompetisie.

As die groot wenner het Melissa ‘n pakmandjie met ‘n glashouer, vadoek, broodbord en kooktydhouer asook ‘n R150-geskenkbewys ontvang.

Melissa het vertel sy is ‘n ma van ‘n dogtertjie van agt maande en het bloot die Herald se webblad besoek om nuus te lees toe sy op die kompetisie afgekom het.

“Ek het toe ingeskryf en gehoop vir die beste.

‘n Mens weet mos nooit hoe gelukkig jy kan wees nie.”

Toe die Herald haar geskakel en in kennis gestel het dat sy die wenner is, het Melissa heel verbaas gesê, “Is julle seker” want volgens haar wen sy nie sommer iets nie.

“Die Here is goed vir my,” het Melissa afgesluit.

 

 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Birthday girl wins second prize in KFC/ Caxton competition

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version