Local newsNews

Kinders leer wie mag aan hulle raak

Kleuterskool: Dit is ons plig om ons kinders te beskerm.

Kinders moet weet dat hul liggaam aan hulself behoort en aan niemand anders nie.

Seuns moet ook weet nee beteken nee.

Dit was die algemene boodskap aan kleuters van Little Angels Dagsorg in Greenhills toe die Teddy Bear-kliniek van Krugersdorp onlangs kom kuier het.

Volgens Chevonne Buitendag, eienaar van die dagsorgsentrum het die Teddy Bear-kliniekpersoneel deur middel van ‘n poppespel vir kinders gewys en geleer wat reg en verkeerd is as dit by aanraking kom.

“Met die poppekas is daar geïllustreer hoe ‘n seuntjie vir ‘n dogtertjie sê om haar rok op te lig. Die dogtertjie moet dan sê nee. Maar dis nie al nie. Kinders is geleer dat jy nie saam met ‘n vreemde persoon in ‘n kar moet klim en geen lekkernye van iemand anders moet aanvaar nie.

Dit is ons plig om ons kinders te beskerm en die poppespel was ‘n mooi manier om hulle te leer van onvanpaste aanraking.

“Hulle is ‘n bietjie klein maar hulle moet van kleins af leer wat reg en wat verkeerd is.”

Die Teddy Bear-kliniek is ‘n veilige hawe vir mishandelde kinders. Volgens hulle word ‘n kind elke drie minute in Suid-Afrika verkrag.

In 2013 was daar in Randfontein ‘n skokkende voorbeeld van misdade teen kinders toe Kgomotso Moiloa, 22, tot 40 jaar tronkstraf gevonnis is vir die verkragting, poging tot moord en ontvoering van ‘n sesjarige dogtertjie in Mohlakeng. Hy was glo ‘n vriend van die dogtertjie se pa. Na die voorval wil die dogtertjie niks met mans te doen hê nie, selfs nie met haar eie ooms nie.

Einde verlede jaar het die Herald ook berig dat daar 8 455 verkragtigsake in Gauteng alleen gerapporteer is. Dit is ‘n gemiddeld van 23 insidente ‘n dag.

• Navrae: Kontak die Teddy Bear-kliniek by 011 660 3077 of besoek hul webwerf www.ttbc.org.za.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Gauteng’s rape stats shocker

Man wanted for elderly woman’s rape

Victim pours out heart over rape

Alleged rapist caught pants down

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button