NewsSchools

Ontmoet Gerrit Maritz se inspirerende hoofseun

'Ons (jeug) moet aktief bly en nie die hele dag voor die televisie sit of rekenaarspeletjies speel nie.'

McCullum Taylor, 13, is Laerskool Gerrit Maritz se trotse hoofseun wat groot krieket drome het en sy posisie by die skool terdeë geniet.

McCullum sê die oomblik toe hulle sy naam verlede jaar in November as hoofseun aankondig het, was hy onbeskryflik bly.

“Ek het gedink ek staan ‘n kans, maar het nie my hart daarop gesit nie. Ek het geweet ek het strawwe kompetisie,” sê McCullum.

Om elke Maandag die leerlinge toe te spreek is vir hom geen probleem nie aangesien hy ‘n ywerige openbare spreker is. McCullum is ook ‘n ster krieketspeler en is vir die afgelope vier jaar elke keer gekies vir die Gauteng-Wes krieketspan.

Vanjaar is hy ook as eersterugbyspan-kaptein aangewys.

Hy neem ook deel aan redenaars en skaak. Op akademiese gebied blink McCullum ook uit en is al vanaf graad 4 elke jaar in die Top 10 Akademie-span. Verlede jaar was hy ook vyfde in die skool op akademiese gebied.

Op die vraag hoekom hy dink hy as hoofseun aangewys is, het hy geantwoord,

Ek het uithouvermoë, is betroubaar, lojaal en ek het ‘n goeie persoonlikheid.

“Ek is ook ‘n baie goeie leier. Ek het ook groot respek vir die onderwysers en my mede-leerlinge.”

McCullum glo dat die jeug vandag defintief harder daaraan kan werk om ‘n balans te handhaaf as dit by tegnologie en rekenaarspeletjies kom.

“Ons moet aktief bly en nie die hele dag voor die televisie sit of rekenaarspeletjies speel nie.”

McCullum het sy toekoms al goed vooruit beplan. Hy het ‘n 100 persent krieketbeurs by Hoërskool Monument ontvang en gaan daar sy hoërskool-loopbaan deurbring. Hy wil ‘n professionele krietspeler word, maar terselfdetyd studeer hy vir ‘n fisioterapeut.

Hy sal graag wil hê dat leerlinge by Laerskool Gerrit Maritz hom as ‘n motiverende hoofseun sal onthou.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button