CrimeNews

Vermeende kookoliediewe vasgetrek

Twee verdagtes het agter die voertuig uitgespring en weggehardloop toe hulle die EPR-reaksieskofleiers sien nader stap.

Drie verdagtes is die afgelope week deur EPR gearresteer nadat hulle glo in die besit van nege bokse gesteelde kookolie betrap is.

Arnold du Plessis en Stanley Botha was die reaksieoffisiere wat die arrestasies uitgevoer het.

Johan Krogh, algemene bestuurder van EPR het vertel dat die twee reaksieoffisiere ongeveer 4vm ‘n verdagte voertuig in die veld naby die aansluiting van Railway- en Cemetarystraat opgemerk het.

Met dié dat hul EPR-voertuig se ligte op die verdagte voertuig geskyn het, het hulle iemand agter die voertuig sien buk en iemand anders om die voertuig sien loer.

Die situasie het vir die EPR-offisiere baie verdag voorgekom en hulle het stilgehou om nadere ondersoek in te stel. Twee verdagtes het agter die voertuig uitgespring en weggehardloop toe hulle die offisiere sien nader stap het. ‘n Derde verdagte is agter die voertuig aangetref maar hy het probeer voorgee dat die ander twee verdagtes hom gekaap het.

Botha het teruggegaan na sy voertuig, bystand gevra van ‘n ander EPR-voertuig in die omgewing en na die ander twee verdagtes begin soek.

Botha en ‘n ander offisier, Tiaan Williams het die ander twee verdagtes opgespoor en gearresteer. Tydens verdere ondervraging het die een verdagte erken dat hy nie gekaap is nie, maar dat hy gesteelde kookolie by die ander twee verdagtes koop wat glo werknemers van ‘n olievervaardiger daar naby is.

Die drie verdagtes asook die nege bokse kookolie in hul besit is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

Welgedaan manne vir julle oplettendheid en paraatheid,” het Krogh gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

 

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button