NewsSchools

Jannas kleur in vir ‘n goeie doel

Nasionale inkleurkompetisie en geldprys in Jannas se visier ten bate van twee organisasies.

Leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs bewys dat inkleur nie net vir kleuters is nie.

Hulle neem deel aan Shades of Love, ‘n nasionale inkleurkompetisie. Die prentjies wat leerlinge moet inkleur is gebaseer op die nuutste gier – inkleurboeke vir volwassenes. Elke leerling se inkleurprent lyk anders as die res.

Die fondse wat ingesamel is sal ten bate van Rainbow Gospel Radio en die Beit Bracha Rehabilitasiesentrum aangewend word wat die Christendom dwars oor die wêreld bevorder.

Leerlinge van Graad R tot 12 kan aan die kompetisie deelneem en daar is pryse vir individue asook vir skole. Die wenskool sal R5 000 kry en sal aan ‘n spesiale Rainbow-radioprogram deelneem.

Die eerste, tweede en derde plek in elke graad word op Dinsdag 21 Junie uit deelnemers van regoor die land aangewys.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button