Local newsNewsUpdate

R’fonteiners gee alles vir Takkie Tax-dag

'Die gemeenskap het beslis nog 'n hart vir behoeftige mense.'

Van kleuters tot besighede het op Vrydag 27 Mei ingespring om die nasionale Takkie Tax-veldtog te ondersteun.

Takkie Tax-dag is ‘n jaarlikse projek met die doel om liefdadigheids- en niewinsgewende organisasies by te staan en ‘n helpende hand na hulle uit te steek.

Volgens Zelda Katzke van Meals on Wheels – een van die organisasies wat baat gevind het by Takkie Tax-dag en wat kos aan minderbevoorregte mense voorsien – het talle welsynsorganisasies voordeel getrek uit die fondsinsameling. Die doel is om die gemeenskap in nood verder te help.

“Melktandjies-, Rosemarie Kahn- en Little Snails-kleuterskool het almal deelgeneem. Kleuters was opgewonde om uiteindelik die plakkers wat hulle gekoop het op te sit.

Die kleuters het almal kleurvol gelyk en kon wys waar hul harte lê – om byvoorbeeld hoop te bring of om diere, opvoeding, kinders of mense met gestremdhede te ondersteun.”

Zelda het vertel dat sommige kleuters sommer aan die huil gegaan het as hul plakkers nie meer wou plak nie. Denise Kruger, skoolhoof van Melktandjies het gesê dat ongeveer 80 persent van die kleuters plakkers aangekoop het.

“Dan het Nola se personeel ook met hul plakkers gespog en gewys waar hul harte lê. Sommige van die apteke in Randfontein het vir hulle oulike, helderkleurige skoenveters gekoop en so ook een van die vyf niewinsgewende organisasies ondersteun.

“Baie dankie aan almal wat Meals on Wheels ondersteun het. Randfontein se gemeenskap het definitief nog ‘n hart vir behoeftige mense,” het ‘n dankbare Zelda gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Also read:

2016 Tekkie Tax day on its way

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button