NewsSchools

‘Skaakmat’ sê Ram aan opponente

Ram se skaakspelers is hierdie jaar vuurwarm.

Laerskool Randfontein (Ram) se skaakspelers is hierdie jaar vuurwarm.

Belangstelling in die sport groei jaarliks by Ram en daar is tans vier spanne wat aan die plaaslike liga deelneem.

Ram se skaak is onder die leiding van Magda Graaff en Rieckie Gerber. Magda en Rieckie het ‘n groot liefde en passie vir skaak.

Van Ram se skaakspelers het aan die individuele proewe deelgeneem en 13 van hulle het gekwalifiseer om aan die finale D2-skaakproewe deel te neem. Tiaan Nagel en Anri Graaff was ook in die D2-skaakspan opgeneem.

Hulle het reeds aan die Gauteng individuele skaaktoernooi deelgeneem en het goed presteer.

Ram se o.11-span het ook goed van hul taak gekwyt – hulle was die wenners van die Junior afdeling van die Super Reeks Skaaktoernooi wat aangebied was by Ram.

Dit is ‘n besondere prestasie aangesien daar teen sterk skole soos onder andere Laerskool Horison, Laerskool Dalmondeor en Laerskool Krugersdorp-Noord meegeding is.

“Ram se skaakspelers het hierdie jaar net een woord vir hul opponente – skaakmat,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button