Tania kom kuier vir Randfontein

Die terugvoering is oorweldigend en ek wil uit my hart uit dankie sê aan al die vroue.

Tania Strauss, ‘n bekende Christelike sanger en skrywer het Saterdag ‘n werkswinkel vir talle vrouens van Randfontein by die AGS Randgate Kerk aangebied.

Tania is die bekende sanger, Willie Botha, se dogter en met haar optrede kon almal sien dat die appel glad nie vér van die boom af val nie.

Die onderwerp van die werkswinkel was Help, ek wil nie oud word nie. Kaartjies was uitverkoop en ongeveer 60 vroue het die middag opgewonde by die kerk opgedaag. Behalwe vir die sensitiewe onderwerp het die vroue groot pret gehad. Daar was diep gesels oor vrouen se vrese.

Vrouens se vrees vir hulpeloosheid, vrees vir pyn, die vrees om eendag alleen te wees en selfs die vrees vir die dood was ook bespreek.

Elke vrou wat ‘n prys gewen het moes glo eers daarvoor ‘werk’. ” Die vroue moes kies om tou te spring, ‘n handstand te doen of aan ander fisiese aktiwiteite deel te neem.

Dit was ‘n ongelooflike dag.

“Die terugvoering is oorweldigend en ek wil uit my hart uit dankie sê aan al die vroue wat die werkswinkel bygewoon het.

“Dit was ‘n moelike tema, maar ek glo met die sang en die pret tussenin was dit nie net ‘n dag waar vroue diep kon besin en bietjie huil nie, maar weer jonk kon voel en lekker lag.”

Mariska Coetzer (Tania se suster) saam met Tania by van haar vele CDs.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version