Tanya V gee uit haar hart

'Ons het kospakkies opgemaak en aan verskeie behoeftige mense uitgedeel.'

Nog voordat Tanya V, bekende sanger, op 16 Mei ‘n geborgde kar van die Ben Morgenrood-groep ontvang het, het sy besluit om terug te gee aan die gemeenskap deur kos aan minderbevoorregtes te voorsien.

“Nadat ek met die inisiatief begin het, het ek, my man Bennie en ons vriende van talle wonderlike mense kos ontvang. Ons het kospakkies opgemaak en aan verskeie behoeftige mense uitgedeel,” het Tanya gesê.

Sy het daarna saam met Maryna Lutt en Jeanne van Wyngaarden Lindhout van die Ben Morgenrood-groep begin saamwerk om elke week óf groente te koop óf dit by skenkers op te laai.

Elke Donderdag pak hulle die groente in pakkies en deel dit aan verskeie mense in nood uit.

“Omdat ek in Randfontein grootgeword het en by Laerskool Rapportryer skoolgegaan het, het ek besluit om by Sonja van Tonder van Rappies Pre-Primêr aan te klop vir hulp.

Sonja en Laerskool Rapportryer help al jare lank gesinne in nood. Sy het dadelik ingestem en elke kind en onderwyser het een blikkie kos van die huis af gebring,” het Tanya vertel.

Vyf dae later het Sonja vir Tanya laat weet dat hul een klaskamer vol blikkies kos is en so het Tanya, Jeanne en Danie Jansen van Vuuren (ook van die Ben Morgenrood-groep) ‘n hele bakkie vol kos by Rappies gaan oplaai.

“Ek en die Ben Morgenrood-groep sê baie dankie aan al die ouers van Rappies vir hul bydraes. Sonja het vir my genoem dat daar soveel mense is wat wil help en dat die nodige platforms net beskikbaar moet wees.

“Van my kant af sê ek baie dankie vir Rappies Pre-Primêr, Sonja, Maryna en die span by Ben Morgenrood. Ek belowe om my werk verder te neem en mense in nood te help,” het Tanya gesê.

Indien enige iemand belangstel om blikkies kos te skenk, of weet van persone wat in nood is, kan hulle gerus vir Tanya V by 076 472 7466 of die Ben Morgenrood-groep by 083 780 8161 skakel.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version