Local newsNews

Kolonel Cassie groet die polisie

Kolonel Cassie is lief daarvoor om met mense te werk, en gaan dit die meeste mis.

Kolonel Cassie Rautenbach, inwoner van Randfontein en bevelvoerder van Florida Polisiestasie, tree na 42 jaar in die diens af.

Hy het van sy herinneringe van sy jare in die polisie vertel voordat hy sy uniform finaal gaan ophang. Kolonel Cassie is in Lime Acres in die Noord-Kaap gebore.

Lime Acres was ook die polisiestasie waar hy sy loopbaan begin het. Van sy beste en snaaksste herinneringe in die polisiediens is van die manewales van die inwoners van daardie streek.

Die hoogtepunt in sy loopbaan was toe hy tot luitenant bevorder is. Kolonel Cassie, wat al vir 11 jaar aan die Florida Polisiestasie verbonde is, het laggend gesê dat hy die vergaderings die minste gaan mis.

Hy is lief daarvoor om met mense te werk, en gaan daardie aspek die meeste mis. Kolonel Cassie het ook gesê,

Florida se gemeenskap is een van die bestes in Gauteng. Jy sal vêr gaan om dié klas van mense te vind.”

Hoogtepunte van sy lewe sluit sy troudag en die geboorte van sy vier seuns in. Hy is ‘n kranige hardloper en beoog om weer aan die Comrades-maraton deel te neem. Kolonel Cassie se ander liefde is lees en aangesien hy ‘n pak boeke het wat by die huis op hom wag, sal hy nie sommer verveeld raak nie.

André Marx het namens Hoërskool Florida ‘n sertifikaat vir sy “onbaatsugtige diens” aan hom oorhandig.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button