Jannas blink uit onder ATKV-redenaars

Die skool kry binnekort die uitslae van die kompetisie.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het aan die 50ste ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem.

Hulle gesoute redenaars Britney Golden (Graad 10), Tiaan van Niekerk (Graad 10) en Kyle Grootboom (Graad 12) het die skool verteenwoordig.

Britney het in April by Hoërskool Sutherland in die Eerste Addisionele Taal-kategorie deelgeneem en het soos verlede jaar deurgedring na die semifinale wat op 13 Mei plaasgevind het.

Kyle en Tiaan het aan die Huistaal-kategorie deelgeneem wat by Helpmekaar Kollege aangebied is. Hulle het albei dieselfde onderwerp gekies – Hunker na die vleispotte van Egipte.

Jannas wag nou vir die uitslae wat binnekort op die ATKV-webwerf geplaas sal word.

Tiaan van Niekerk, een van Jannas se gesoute redenaars. Foto: Charl Ludick.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version