Pasop ATKV, hier kom Beloved

Graad 11-leerling van Riebeeck mik weer hoog in gewilde nasionale kompetisie.

Beloved Sechele, ‘n graad 11-leerling van Hoërskool Riebeeckrand het deurgedring tot die eindstryd van die ATKV-redenaarskompetisie.

Sy sal in die addisionele taal-afdeling deelneem. Dié kompetisie vind gedurende Augustus by ATKV-Buffelspoort plaas.

Vanjaar is nie die eerste keer wat Beloved so ‘n goeie prestasie behaal nie. Verlede jaar het sy onder die top 10 geëindig.

Dit is ook die vierde keer wat ‘n leerling van Riebeeck in die eindstryd van dié landswye kompetisie sal deelneem.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version