Local newsNews

Tania bied weer werkswinkel aan

Opwindende werkswinkel vir vrouens van alle ouderdomme.

Tania Strauss, bekende sanger en skrywer, sal op Saterdag, 28 Mei ‘n werkswinkel aanbied vir vroue met die titel: Help, ek wil nie oud word nie.

Tania gaan by die werkswinkel ook sing en haar CD’s en boeke gaan ook beskikbaar wees om te koop.

Die sensitiewe onderwerp van oud word en hoekom vrouens bang is vir oud word sal bespreek word. Behalwe vir die ernstige onderwerp word groot pret voorspel. Die werkswinkel is vir vrouens van alle ouderdomme.

Tania moedig vrouens aan om gerus hulle ma’s, skoonma’s, vriendinne, sussies, dogters en skoondogters te nooi om die dag saam met haar te kom geniet.

Die geleentheid word by die AGS Randgate in 48 Bailey Straat gehou vanaf 12nm tot 2nm.

Bespreek gerus by tania@comsys.co.za of 083 5040 253. Koste beloop R60 wat cappuccino en kolwyntjies insluit.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button