Riebeeck spog toe met 100 persent matriekslaagsyfer

'Ons het ‘n sterk groep matrieks en ek verwag dat hulle prestasies uitstekend sal wees.'

Na afloop van ‘n aanvullingseksamen kan Hoërskool Riebeeckrand nou spog met ‘n trotse 100 persent matriekslaagsyfer vir 2015.

Riebeeckrand is baie trots op hulle 2015-matrikulante wat hul beste gegee het.

Harde werk word altyd beloon en Riebeeck voel geëerd en trots om die prestasie langs hul naam te kan skryf. Riebeeckrand se 2016-matrikulante is sedert die begin van die jaar af volstoom aan die werk.

Die onderwysers en die leerlinge streef weer na pragtige uitslae en toekennings.

Volgens Annelize van den Berg, skoolhoof, verwag sy baie goeie uitslae. 

“Ons het ‘n sterk groep matrieks en ek verwag dat hulle prestasies uitstekend sal wees. Sterkte aan elke matrikulant met julle voorbereiding vir die eindeksamen.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version