NewsSchools

Ram-kaskarkermis sorg vir groot sports

Fondse ingesamel met die projek gaan om CCTV-kameras in te stalleer.

Laerskool Randfontein (Ram) het onlangs ‘n te opwindende kaskarkermis gehou om fondse vir die skool in te samel.

Die kaskarkermis is een van Ram se grootste fondsinsamelingprojekte. Elke leerling het ‘n borglys ontvang en het baie hard gewerk om geld in te samel.

Ouers, vriende, grootouers en bekendes het hulle harte en beursies oopgemaak,” se Annie Nolan, skoolwoordvoerder.

Volgens Annie het Ram nou genoeg geld ingesamel om CCTV-kameras by die skool in te stalleer.

“Dis ‘n ongelooflike prestasie en ons kan net dankie sê,” meen Annie.

Die kaskarkermis het afgeskop met ‘n uitdaagwedren tussen Ram se top bestuur. Later was die kaskarbaan meer uitdagend gemaak met modderslote, watertonnels, ‘n sandbrug en nog vele hindernisse. Klasse het teen mekaar gekompeteer en die wenklas in elke graad het roomysse as prys ontvang.

Leerlinge wat die meeste geld ingesamel het, het ook pryse gekry.

Leon Haupt, Ram-skoolhoof, geniet elke oomblik in 'n kaskar. Hy word deur Kurt de Swart en Max Knott-Craig gestoot. Foto: Annie Nolan.
Leon Haupt, Ram-skoolhoof, geniet elke oomblik in ‘n kaskar. Hy word deur Kurt de Swart en Max Knott-Craig gestoot. Foto: Annie Nolan.

Wenners (Graad 4 tot 7) wat die meeste geld ingesamel het:

• 1ste plek: Quinten Havenga (tablet met WiFi sprekers)

• 2de plek: Anrika Appelcryn (tablet)

• 3de plek: Sure Pelser (WiFi sprekers)

Junior klas wenners:

• Graad 2 (54): Me. C. Vosloo

• Graad 3 (35): Me. N. Hoeksma

Senior klas wenners:

• Graad 6 (17): Mnr. H. Pretorius

• Graad 6 (44): Me. C. Pretorius

Die voogklasse het mekaar behoorlik geroer en die kompetisie was so naby dat Ram besluit het om die klasse wat eerste en tweede geëindig het na die Aquadome langs die Vaal Rivier te neem as beloning. Leerlinge wat meer as R1 500 ingesamel het kon ook op die uitstappie na die Aquadome toe gaan.

Die derde plek junior en senior wenners (Graad 1 (36)) wat Me. A. Bezuidenhout se klas is en Mnr. T. Nortje (Graad 7 (7) 24) se klas het elk ‘n roomysverrassing ontvang.

Annie wat die hoof van die fondsinsamelingsprojek is wil ieder en ‘n elk bedank wat by die projek betrokke was.

“Dis ongelooflik om te sien hoe goedgesing Randfontein is ten spyte van ‘n stil ekonomie het mense met graagte ons ondersteun en so gehelp om een van ons jare lange drome, CCTV-kameras, te bewaarheid,” het Annie bygevoeg.

Wessel Lottering en Zane Jordaan stoot vir Anastasia Hayes. Foto: Annie Nolan.
Wessel Lottering en Zane Jordaan stoot vir Anastasia Hayes. Foto: Annie Nolan.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button