NewsSchools

Jannas se Kamakazis ingehuldig

Skool: Baie dankie aan al die ouers en borge.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se eersterugbyspan bekend as die Kamakazis is onlangs ingehuldig.

Die inhuldiging het onlangs tydens ‘n spog-geleentheid in die skoolsaal plaasgevind.

Volgens Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder is die ingehuldig van die eerstespan ‘n nuwe tradisie by Jannas. Dit is waar ‘n tradisionele rugbypet deur die hoof aan spelers oorhandig word. Die spelers het elk ook hul volledige eerstespan-uitrusting ontvang.

Dit is en sal gedurende al die span se ligawedstryde gebruik word. Die Kamakazis se eerste ligawedstryd was reeds op (Saterdag, 7 Mei) teen hul eweknie, Hoërskool Riebeeckrand.

“Jannas is baie trots op al die spanne wat gewen het. Dit maak ons onoorwonne vir ses jaar in ‘n ry.

Ons is baie opgewonde om die manne dop te hou vir die res van die seisoen en voorspel net sukses.

“Baie dankie aan al die ouers en borge wat hierdie spesiale geleentheid bygewoon het,” sê Tamaryn.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Jannas slag Riebeeck op rugbyveld

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button