NewsSchools

Oud en jonk versterk bande

Skool: 'n Ouma en oupa beteken so baie in 'n kleuter se lewe.

Familie- en vriendskapsbande is onlangs versterk tydens die ouma-, oupa- en spesiale persoon-dag wat Melktandjies Kleuterskool op Vrydag 6 Mei gehou het.

Daar was groot opgewondenheid onder die kleuters toe die ongeveer 60 oumas, oupas en spesiale persone opgedaag het.

Melktandjies het prettige aktiwiteite so aangebied dat almal tyd saam kon deurbring. Onder andere moes oumas en oupas hul hande was voordat die kleuters room ingesmeer het om hulle lekker te bederf.

Hulle het ook Roll-a-grandma-and-grandpa gespeel. Kleuters moes ‘n dobbelsteen gooi en volgens die nommer ‘n ouma en oupa teken.

Oumas en oupas is geblinddoek en moes raai wat die items in verskeie bakke was. Na al die aktiwiteite kon hulle lekker op die speelgronde speel. Koffie, tee en plaatkoekies is ook bedien.

Melktandjies sê graag baie dankie aan almal wat teenwoordig was. Hulle glo ‘n ouma en oupa beteken so baie in ‘n kleuter se lewe.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button