Elektrisiteitsmeter-inisiatief goedgekeur

Wat jy moet weet indien hulle by jou 'n draai maak.

Randfontein Plaaslike Munisipaliteit het onlangs ‘n projek vir elektrisiteitsmeters goedgekeur as deel van ‘n ‘opskerpingsinisiatief’ om inkomste te verbeter en ‘n meer effektiewe dienslewerings-aksie daar te stel.

Die projek is op Maandag, 2 Mei geloods en het glo reeds goeie resultate gelewer.

Die projek het ten doel om die volgende uitsette binne die elektriese-versieningsomgewing te behaal. Alle meters in die munisipale gebied word geinspekteur – beide voorafbetaal (prepaid)- en konvensionele meters.

Enige beskadigde, gepeuterde of gebrugde meter word dan gratis vervang met ‘n nuwe generasie voorafbetaalde elektrisiteitsmeter (beide die meter asook die installasie is gratis). Meters wat nie behoorlik geseel is nie, en nie foutief of beskadig is nie, sal slegs weer herseel word.

Enige versoek vir omskakeling van ‘n konvensionele meter na ‘n voorafbetaalde meter, word ook gratis gedoen. ‘n Konvensionele meter is tipies ‘n meter waarvoor daar ‘n rekening elke maand uitgereik word (water en ligte rekening). Voorafbetaal impoliseer dat u eenhede by ‘n winkel, brandstofpunt, kettingwinkel aankoop en op u meter laai. Die gebruik word in eenhede gemeet.

Die voordele van ‘n voorafbetaal meter is dat dit goedkoper is. (Geen voorafbetaal koste mag duurder as konvensionele kostes wees nie). Inteendeel, inwoners spaar op die basiese tarief wat op ‘n normale konvensionele rekening gehef word en deels nie ter sprake op ‘n voorafbetaal is nie (u meter word nie meer gelees / geskat nie). Die verbruiker kan vir die eerste keer sy eie kragverbruik bestuur en beheer. Jy kan dit nie met ‘n konvensionele meter effektief doen nie. Historiese munisipale skulde kan via voorafbetaal maandeliks verhaal word. Met konvensionele meter skuld word krag summier afgeskakel.

Ons doel tydens hierdie projek is nie om enige verbruiker se krag toevoer af te sny nie, slegs om ‘n foutiewe meter te herstel of te vervang en data op die sisteem – rekening nommers / meter nommers / koop geskiedenis / toestand van die meter – met dit wat op die sisteem is te vergelyk en indien nodig, reg te stel.

“Ons missie is om ‘n effektiewe sisteem daar te stel. Dit impliseer die belyning van inligting en die daarstel van ‘n goeie werkende en likiede meter in elke huis,” het Bertus Steenkamp, projekbestuurder gesê.

Dit is ‘n omvangryke taak en dit word beoog om die projek binne ‘n periode van 2 tot 3 jaar af te handel. Tans is die projek slegs operasioneel in Greenhills, Westergloor, Mohlakeng en Toekomsrus.

Die grootste bydrae is egter dit wat Jan-Publiek maak: Om die gekwalifiseerde kontrakteurs in u huis toe te laat om ‘n deeglike 20 minute inspeksie uit te voer. Alle kontrakteurs is toegerus met ‘n ken-teken op hul voertuig, ID kaarte, munisipale afspraak borde, straatpaal bemarkings material en u kan enige tyd die munisipaliteit skakel om die individu te bevestig.

“U kan selfs ‘n foto van die ID kaart / gesigsprofiel na ons administreerder (079 400 6553) stuur, om ‘n kontrakteur te eien. U veiligheid is ons erns,” het Steenkamp bygevoeg.

Neem kennis van die volgende belangrike bepalings. Geen kontrakteur mag enigsens kontant by u ontvang vir enige kragaankope of meter voorsiening of meter installering nie. Kontrakteurs mag ander foute binne u elektriese sisteem herstel – teen koste en op eie verantwoordellikheid (kwitasie /faktuur).

• Slegs een meter per rekeningstaat (per erf)
• Kragtoevoer word nie afgesny nie
• Verbruikers word nie beboet nie
• Alle inspeksie vorms moet deur die verbruiker geteken word ( Vyf verskillende plekke op die vorm)

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version