Dankie Randfontein – Mev SA semi-finals

Al het Elain nie al die pad gegaan nie het sy steeds die dorp se naam hoog gehou in een van die land se grootste skoonheidskompetisies.

Elain Erasmus, een van Randfontein se Mev Suid-Afrika top 100 semi-finaliste wil graag die dorp en al haar borge bedank.

Elain was ongelukkig nie deur tot die finaal wat op Vrydag, 29 April tydens ‘n spoggerige gala-aand plaasgevind het nie. Tydens die gala-aand was haar tafel deur Anele Deysel geborg en haar fotosessie deur LJ Studio Lucas.

Al het Elain nie al die pad gegaan nie het sy steeds die dorp se naam hoog gehou in een van die land se grootste skoonheidskompetisies.

Elain wil graag vir almal wat haar ondersteun van haar vriende en familie tot en met haar borge bedank. Sy sê dit was ‘n groot eer vir haar om deel te kon neem as ‘n semi-finalis.

“Ek wil Century 21 Eiendoms en LNA Prokureurs dank wat my silwer sponsor was. Ek wil ook dankie sê vir Step Up Hair and Beauty wat my altyd mooi gemaak het vir my fotosessies en al my dae wat ek aktief was in Mev SA,” sê Elain.

“Aan my man Stef, dankie vir jou liefde en ondersteuning. Dit beteken die wêreld vir my dat jy daar is asook my dogtertjie, Megan, wat in my glo en ook al haar maats.”

Elain wil bo almal God dank.

“Mag Sy lig helder skyn in die wêreld. Alles wat ek is is deur U genade.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

R’fontein’s Mrs SA contestant conned by hawker

R’fontein’s Mrs SA semi-finalists

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version