NewsSchools

Jannas o.15s die Superreeks-kampioene

Span se groot terugvegpoging in laaste 15 minute iets om te hou.

Hoërskool Jan Viljoen se o.15-rugbyspan is onlangs as die Superreeks-kampioene gekroon.

In die halfeindstryd het hulle naelbyt 7-5 met Brandwag afgereken en in die eindstryd toe vir Dinamika op ‘n dramatiese wyse 20-17 geklop.

Volgens die skool was die span met nog 15 minute oor 17-5 agter. ‘n Groot terugvegpoging het gevolg met Morne Prinsloo wat in die doodsnikke ‘n skepskop oorgeklits het om die wen te verseker.

Sover in die seisoen het die span vyf van hul wedstryde gewen, een gelykop gespeel en een verloor.

 

Ruan Pretorius, die afrigter is geweldig trots op sy spelers. Hy kan nou nie wag dat die liga begin nie en is vol hoop dat sy span nog ‘n trofee kan inpalm.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button