Local newsNews

Kerk-lede maak strate van Randgate skoon

Pastoor: Ons hoofdoel is natuurlik om Randgate geestelik skoon te maak.

Pastoor Desmond Wessels asook lede van die Gemeentes van Christus Kerk het Saterdag na die gemeenskap van Randgate uitgereik deur die strate skoon te maak.

Dit het so goed gegaan dat hulle amper twee bakkies vol vullis opgetel het. Terwyl hulle fliks besig was, het hulle ook pamflette uitgedeel wat die gemeenskap na hulle kerk toe uitnooi. Hulle het ook evangelisasiewerk gedoen en baie mense bereik.

Jonk en oud het die projek aangepak en dit baie geniet om met die gemeenskap te gesels oor geloof. Alle ouderdomme van die gemeenskap was bedien deur die sondagskool, jeug, volwassenes en bejaardes van die kerk.

“Ons hoofdoel is natuurlik om Randgate geestelik skoon te maak maar met die projek kon ons terselfdetyd die Woord van God versprei en ons buurt netjies en skoon maak.

Dit was wonderlik om as ‘n kerkeenheid aan die projek te kon deelneem,” het Pastoor Wessels gesê.

Op die einde van die dag het Pastoor Wessels en sy gemeentelede se harde werk vrugte afgewerp aangesien daar talle nuwe gesigte by die aanddiens was.

Die kerk het ook baie goeie terugvoering gekry waar talle gemeenskapslede boodskappe van waardering gestuur het. Hulle was verras dat mense in hierdie tye nog goeie dade verrig.

Pastoor Wessels sê verder dat hulle die projek elke twee maande gaan aanpak. Hulle hoop dat die projek ander organisasies, skole en kerke sal aanspoor om dieselfde te doen.

• Navrae: Pastoor Desmond Wessels by 079 230 9218.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button