Riebeeck-hoof verwag groot groep vir 2017 na suksesvolle opedag

Riebeeck-skoolhoof sien daarna uit om hierdie groep graad 7s volgende jaar te verwelkom.

Hoërskool Riebeeckrand het die afgelope Woensdag hul jaarlikse opedag gehou met die tema: All Aboard.

Die graad 7-leerlinge was vanaf 3nm met springkastele besig en kon ‘n toer deur die skool neem maar, die pret het nie daar gestop nie. ‘n Lekker worsbraai in die lapa het gevolg.

Die leerlinge se ouers het toe dieselfde aand ‘n inligtingsessie in die skoolsaal bygewoon en die terugvoering was glo baie positief. Tydens die inligtingsessie was daar ook ‘n sokkie in die skool se vierkant vir die graad 7-leerlinge waar hulle met warm sjokoladedrankies bederf was. ‘n Photobooth was dan om die draai sodat vriende mekaar kon afneem.

Annelize van den Berg (skoolhoof) was baie beïndruk met die groot opkoms en die oulike groep Graad 7s wat opgedaag het. Sy is van mening dat hulle beslis, soos in die verlede, ‘n groot aantal inskrywings sal kry.

Annalize sien dus baie daarna uit om wat sy beskryf hierdie besonderse groep Graad 7s by Riebeeckrand vir volgende jaar te verwelkom.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version