Nog ‘n ‘spring chicken’ op 90

Nie eers 'n heupvervanging kan vir Annie laat stilsit nie.

Annie Esterhuizen van Botha Plotte het op 21 April 90 jaar oud geword maar sy is nog jonk van gees.

Annie het vier kinders, tien kleinkinders en vyf agterkleinkinders. Sy is in 1926 in die Vrystaat gebore. In 2003 het sy en haar man wat in 1947 in Maraisburg getrou het, hul 61 jaar-huweliksherdenking gevier. Hy is kort daarna oorlede.

Annie is sedert 1992 ‘n inwoner van Randfontein en bly tans by haar oudste seun in ‘n pragtige woonstel. Haar kinders is onderskeidelik 56, 64, 66 en 67 jaar oud.

Op haar verjaarsdag het sy talle oproepe van vriende en familie ontvang en ds Mariaan Delport van die Hervormde Kerk Sionspoort het haar selfs besoek. Annie is nie ‘n persoon wat glo van rondsit op haar oudag nie.

Ek bly die heeltyd besig. Ek het gisteraand tot twee uur toe naaldwerk gedoen en ek doen ook graag borduurwerk.

“As ek nie daarmee besig is nie, is ek in die strate waar ek vir familie kuier,” het Annie laggend gesê.

Annie is onafhanklik en bestuur steeds.

“Elke keer wat ek in my motor klim, bid ek dat God aan die stuur moet wees.”

In haar jonger, ongetroude dae, het Annie gewerk, maar toe sy getrou het, het sy na die huis en kinders omgesien. Sy ken ook swaar, harde dae en werk. Sy het selfs ‘n knop op haar knieg van al die jare se vloer was.

Annie het nooit gedink sy sou so oud word nie. Haar pa is oorlede toe hy 69 was en haar ma toe sy 74 was.

My oupa het wel 96 geword. Ons het Ierse bloed en hulle word mos baie oud,” het sy gesê.

Annie is ook baie gesond en het nog net ’n heupvervanging gehad wat sy skaars voel. Annie eet doelbewus gesond en het vroeër in haar lewe elke naweek korfbal gaan speel en so fiks gebly.

Annie het gesê sy het so baie liefde om vir haar familie en vriende te gee en haar raad is dat ‘n persoon die Here moet ken en hard moet werk vir wat jy wil hê.

In moelike tye het sy altyd geweet die Here hou haar hand vas. Magda, haar dogter, het vertel dat Annie ‘n saggeaarde, liefdevolle persoon en vredemaker is.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version