Jannas hou onvergeetlike Graad 7 opedae

Julius Katzke, Jannas-skoolhoof, deel met graad 7s en hul ouers die wenresep.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs twee onvergeetlike opedae vir Afrikaanse-laerskole in die dorp aangebied.

Jannas is reeds vir 78 jaar ‘n trotse baken in Randfontein en beplan om vir ten minste nog 78 jaar in die dorp te bly.

Julius Katzke, Jannas se trotse hoof, het begin deur met die Graad 7s en hul ouers te praat oor die skool se puik matriekuitslae.

Volgens Julius het hul matrieks ‘n 100 persent slaagsyfer die afgelope twee jaar behaal. Bygesê het 60 persent van verlede jaar se matriekulante geslaag met universiteitstoelating.

Julius het ook op die skool se goeie rugby- en hokkieprestasies gefokus.

In die kultuur-afdeling het Julius die ouers vertel oor Jannas se uitmuntende pom-pom prestasies. Die Jannas pom-poms is vir die afgelope vyf jaar Randfontein Skouwenners.

Natúúrlik was die pret nie vir die Graad 7s agterweë gelaat nie en Jannas het tyd ingeruim sodat hul op reuse gly- en hindernisbane kon speel.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version