CrimeNews

Nuwe GPF trek drie verdagtes vas

Lid: Ons glo dat deur ons sukses, die gemeenskap aangemoedig sal word om ook lede te word.

Daar is ‘n nuwe gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en hulle is met passie gewapen. Die passie om Randfontein veilig te hou.

Hulle staan as die GPF Sektor 5.6 bekend en met die hulp van EPR-sekuriteit is drie verdagtes omstreeks 12vm verlede Vrydag in die Ooster Plotte-area vasgetrek.

Die GPF Sektor 5.6-lede naamlik Jaco Visser, Byron Calvert, Michael Grobler en Louw Geldenhuys was op patrollie in die area toe hulle twee verdagte voertuie gewaar het.

Hulle te same met EPR het een van die voertuie afgetrek waar drie verdagtes toe glo in die besit van onder andere ‘n vervalse tjekboek, bande en inbreekgereedskap was. Die verdagtes is toe later aan die polisie oorgegee.

Die nuwe GPF, wat in Januarie vanjaar gestig is, bestaan uit ongeveer 20 patroleerders en 100 lede. Die voorsitter is Henry Boyce en die nuwe GPF dek areas soos Botha Plotte, Klein Elandsvlei, Ooster Plotte en Loumarina. Die GPF is ten volle toegerus met reflektorbaadjies, tweerigtingradio’s, identiteitskaarte en voertuie wat duidelik gemerk is.

Byron Calvert het verduidelik dat hulle ontstaan het omdat hulle moeg is dat kriminele die oorhand in die dorp kry. Hy sê verder dat die polisie die gemeenskap se hulp nodig het en dat hulle die skakel tussen die gemeenskap en die polisie is.

Michael Grobler sê, “Veediefstal en huisinbrake het in die afgelope tye afgeneem in die bogenoemde gebiede. Ons glo dat deur ons sukses, die gemeenskap aangemoedig sal word om ook lede te word. Die sukses van die GPF hang af van die hoeveelheid lede wat misdaad beveg.”

Enige persoon wat belangstel om ‘n lid van die GPF Sektor 5.6 te word kan gerus vir Henry skakel by 073 444 5864.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button